|
VOORWOORD
Akademia bied ’n studievoordeel in die vorm van gedeeltelike vrystelling van klasgelde vir personeel van die Solidariteit Beweging en hulle direkte gesinslede (gade en afhanklike kinders onder die ouderdom van 24 jaar wat nie ‘n inkomste verdien nie).
Werknemers kwalifiseer vir 25%-afslag op klasgelde vanaf Akademia mits die betrokke instelling onderneem om vir ’n verdere 25%-afslag in te staan vir die werknemer wie se aansoek suksesvol is.
Die aansoektydperk word jaarliks met die tersiêre studiehulpaansoeke belyn, en aansoekers moet gebruik maak van die toepaslike vorm om vir hierdie voordeel aansoek te doen.
Indien dit sou gebeur dat aansoek gedoen word vir ’n afhanklike kind en albei ouers is werksaam binne die Solidariteit Beweging, sal Akademia steeds ʼn 25%-voordeel toestaan, maar albei ouers sal onderskeidelik vir hulle 25%-voordeel by die onderskeie instansies kwalifiseer.
Die kriteria vir oorweging, kontraktuele verbintenis en teenprestasie word deur die betrokke instansie bepaal.
|